Brisbane Afrikaanse Kerk

iOS app by Jiosdev LLC. Lifestyle · Jiosdev LLC

Store rating
0 / 5
Store rating count
0
Download price
Free to download
In-app purchases
Unknown
Version
7.0.3
Listing last refreshed
2026-09-16

View the original store listing

Store description excerpt

Is u nuut in Brisbane? Mis jy die samesyn van jou mede Suid-Afrikaners of wil net weer met ander die Here aanbid in jou moedertaal, dan is BAK die plek vir jou. WIE ONS IS: BAK is ‘n lid van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië. Ons bedien Die Woord in Afrikaans. Die bediening is in Afrikaans omdat daar ‘n groot behoefte by Afrikaanssprekendes bestaan om God in hulle moedertaal te aanbid en te dien. Geestelike groei vind makliker plaas waar jy in jou moedertaal die Woord bestudeer en dit uitleef. So word pastorale versorging en berading ook meer effektief ervaar as jy jou diepste emosies makliker in Afrikaans kan verwoord. Die kerk vervul ‘n groot rol as ondersteuningsbasis vir nuwe immigrante wat in Australië aankom met die gepaardgaande aanpassingsprobleme en selfs trauma wat beleef word. WAT ONS GLO: Belydenis Grondslag van die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië. Die Gereformeerde Evangeliese Kerk van Australië staan binne die breë Gereformeerde tradisie en onderskryf daarom die klassieke Gereformeerde belydenisse nl. die Heidelbergse Kategismus, die Dordtse Leerreëls en die Nederlandse Geloofsbelydenis asook die Westminister “Confession”. Ons het ook ’n “Statement of Faith” aanvaar wat in kort die kern van ons belydenis aandui en kan dit besigtig word op ons webwerf. Ons identifiseer verder ook met die kernwaardes en oortuigings van die wêreldwye Evangeliese beweging. Hierdie waardes kan op ons webwerf bestudeer word.

Review coverage

AppRill has captured 0 reviews for this app. This is a collected sample, separate from the store rating count. Latest review capture: Not captured yet.

Recent captured chart positions

No chart positions have been captured for this app yet.

Chart position, rating count and review coverage do not establish downloads, revenue or profit. Understand the differences.